Invoer van 'n "track" in GPX-formaat

GPX-lêers (GPS-uitruilformaat)

GPX-lêers lê 'n roete in die fynste besonderhede vas, met inbegrip van enige liggings weg van die pad. 'n GPX-lêer kan, byvoorbeeld, 'n roete vir toeriste of 'n voorkeur- vasgestelde roete bevat. Jy sal bundels GPX-lêers op die Internet vind en daardie lêers kan dan in 'n webblaaier via MyDrive na My plekke opgelaai word. GPX-lêers word "tracks" nadat hulle ingevoer is.

"Tracks" het 'n begin- en eindpunt maar geen stilhouplekke nie, en daar's 'n vasgestelde, kaartafhanklike roete wat tussen hierdie punte gevolg moet word. Jou toestel volg hierdie roete so getrou as moontlik. Jy kan "tracks" redigeer deur werktuie soos Tyre Pro te gebruik.

Gebruik GPX-lêers

Jy gebruik MyDrive op jou rekenaar om "track"-lêers in GPX-formaat na jou TomTom-toestel in te voer. Die "tracks" word in die "My roetes"-kieslys gestoor. Jou toestel sal langs hierdie GPX-"track" navigeer sonder om 'n aks daarvan af te wyk en sal ook nie aanbied om jou roete te herbeplan nie, selfs al sou 'n vinniger roete beskikbaar wees.

Invoer van 'n "track" in GPX-formaat

Let wel: Jou Rider het minstens 400 MB vry spasie nodig voordat dit .OV2- en .GPX-lêers kan invoer. As jy die  boodskap Jy het meer spasie nodig sien,  stel meer spasie beskikbaar deur onnodige .OV2- of .GPX-lêers via MyDrive te skrap, of skrap inhoud op die toestel. Skrap, byvoorbeeld, 'n kaart wat jy nie gebruik nie.

Om 'n GPX-lêer via MyDrive in te voer, doen die volgende:

  1. Verbind jou Rider met jou rekenaar via MyDrive Connect.
  2. In MyDrive, kies My roetes.
  3. Kies Voer 'n GPX-lêer in en blaai na die GPX-lêer wat jou "track" bevat.

    Wenk: Die "track"-lêer se naam in My roetes sal ooreenstem met dié van die GPX.-lêer. Redigeer die naam van die lêer sodat jy dit maklik in My roetes kan herken.

    Jou nuwe "track" word in die "My roetes"-lys gewys.

  4. Wag totdat die "track" se lêer na jou Rider opgelaai het.
  5. Maak My roetes oop.

    Jou ingevoerde "track" word in jou "My roetes"-lys gewys.