Voer "tracks" na 'n geheuekaart uit

Jy kan "tracks" as GPX-lêers uitvoer en hulle op 'n geheuekaart stoor sodat jy hulle met ander gebruikers kan deel.

Belangrik: Roetes en "tracks" kan nie op dieselfde geheuekaart as kaarte gestoor word nie omdat 'n ander tipe geheuekaart-formatering gebruik word.

Let wel: Tans kan jy slegs "tracks" vanaf jou Rider uitvoer.

Om een of meer "tracks" uit te voer, doen die volgende:

  1. In die Hoofkieslys, kies My roetes.
  2. Kies Deel "tracks".

    Wenk: So nie, wanneer jy in die kaartaansig is, kies 'n "track" en kies dan Deel "track" vanuit die opwipkieslys.

  3. Kies een of meer "tracks" uit jou lys om uit te voer.

    Wenk: Om alle roetes vir uitvoer te kies of te ontkies, kies die opwipkieslys-knoppie.

  4. Kies Deel en kies dan Voer uit na geheuekaart.

    Jy sien die boodskap Stoor tans....

    Wenk: As daar nie genoeg spasie op jou geheuekaart is nie of as jou kaart nie reg geformateer is nie, word hulp op die skerm aangebied om te help om die probleem op te los.

  5. Wanneer jy 'n boodskap sien dat jou "tracks" suksesvol uitgevoer is, verwyder jou geheuekaart sodat jy jou "tracks" met ander gebruikers kan deel.

    Let wel: Elke uitgevoerde roete word as 'n GPX-lêer in die vouer TomTom-roetes op jou geheuekaart gestoor.