Skep 'n nuwe kaartkorrigeringsverslag

Belangrik: Om veiligheidsredes, moenie die volle besonderhede van 'n kaartkorrigering invoer terwyl jy bestuur nie. Jy kan altyd die ligging merk en die verslag later skep.

Om 'n kaartkorrigeringsverslag te skep, doen die volgende:

  1. Druk en hou om die ligging van die kaartkorrigering in die kaartaansig te kies.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie om die kieslys oop te maak.
  3. Kies Rapporteer kaartverandering in die opwipkieslys.

  4. Kies die tipe kaartkorrigering wat jy wil toepas.
  5. Let wel: As jy 'n tipe kaartkorrigering wil rapporteer wat nie in die kieslys gewys word nie, gebruik die Map Share Reporter by tomtom.com.

  6. Volg die instruksies vir jou gekose tipe kaartkorrigering.
  7. Kies Rapporteer.
  8. Verbind jou Rider met MyDrive om jou kaartkorrigeringsverslag aan TomTom te stuur en kaartkorrigerings vanaf ander TomTom-gebruikers te ontvang.