Meer oor TomTom-dienste

TomTom-dienste bied jou intydse inligting oor verkeer en spoedkameras op jou roete en stel jou in staat om via TomTom MyDrive te sinchroniseer.

Slimfoon-verbinde toestelle gebruik jou slimfoon se bestaande dataplan om toegang tot TomTom Traffic sowel as ander dienste soos TomTom Spoedkameras en TomTom MyDrive te verkry deur via Bluetooth® met jou slimfoon te verbind. Gaan kyk op tomtom.com/connect vir meer inligting.

Om TomTom-dienste op jou Rider te kry, het jy die volgende items nodig:

Om TomTom-dienste te gebruik, beteken dat data deur jou foon via jou selfoondiensverskaffer versend en ontvang word.

Belangrik: Jy kan dalk addisionele koste op die hals haal wanneer jy die internet op jou foon gebruik, veral wanneer jy buite die gebied is wat deur jou dataplan gedek word. Vra jou selfoondiensverskaffer vir meer inligting.

Let wel: TomTom-dienste is nie in alle lande of streke beskikbaar nie, en nie alle dienste is in alle lande of streke beskikbaar nie. Vir meer inligting oor beskikbare dienste in jou streek, gaan na www.tomtom.com/services.