Kry meer inligting oor 'n insident

Om vir vertragings op jou roete te kontroleer, tik Wys verkeer op roete in die verkeerkieslys. Jou navigasietoestel wys 'n opsomming van verkeersvertragings op jou roete.

Die totaal sluit enige vertragings weens verkeersinsidente in asook dié wat aan besige paaie te danke is, met inligting wat deur IQ Routes verskaf word.

Tik Verkort vertragings om te kyk of jy die vertraging kan verkort.

Tik op die knoppies vir die links- en regs-pyltjie sodat jy om die beurt deur elke insident kan beweeg en elkeen se details kan bekyk. Dit sluit in die soort insident, soos padwerke, en die duur van die vertraging wat die insident tot gevolg gaan hê.

Jy kan ook toegang tot die details van individuele insidente verkry deur op Bekyk kaart in die hoofkieslys en daarna op die verkeersinsident-simbool te tik.

As dit op die kaart vertoon word, begin 'n verkeersinsident met 'n ikoon. In die geval van verkeer wat tou, dui die ikoon die rigting van die insident in die teenoorgestelde rigting aan.