Verskillende tipes kaartveranderings is beskikbaar.
Let wel: As jy 'n tipe kaartverandering wil rapporteer wat nie hieronder beskryf word nie, gebruik die Map Share Reporter by tomtom.com.
Vir alle kaartveranderings wat hieronder beskryf word, word jou kaartveranderingsverslae outomaties intyds aan TomTom gestuur of wanneer jy jou toestel via 'n USB-verbinding aan MyDrive Connect koppel. Jy ontvang kaartveranderings vanaf ander TomTom-gebruikers as deel van kaartbywerkings.
Wenk: As jy 'n slimfoonverbinde toestel het, word verslae gestuur wanneer jou toestel met TomTom-dienste verbind is of wanneer jy jou toestel via 'n USB-verbinding aan MyDrive Connect koppel.
Padbeperking
Kies hierdie opsie om 'n pad te blokkeer of te onblokkeer. Jy kan die pad in een of albei rigtings blokkeer of onblokkeer deur die volgende te doen:
Kies die padteken op een van beide punte van die straat om dit van oop tot toe of omgekeerd te verander.
Straatnaam
Kies hierdie opsie om 'n verkeerde straatnaam te korrigeer.
Draaibeperking
Kies hierdie opsie om 'n verkeerde draaibeperking op 'n pad te rapporteer.
Die kaart roteer sodat jou naderingsrigting onderaan die skerm gewys word.
Spoedgrens
Kies hierdie opsie om die spoedgrens op die kaart te korrigeer.
As die korrekte spoedgrens nie gewys word nie, rol links of regs deur die beskikbare spoedgrense.