Om stembeheer te begin, sê die "word wakker"-frase in die kaartaansig of leidingaansig. By verstek is die "word wakker"-frase "Hello TomTom", maar jy kan jou eie "word wakker"-frase maak.
Wenk: Stembeheer is by verstek afgeskakel. Jy kan die "word wakker"-frase in die instellings-kieslys aan- of afskakel.
So nie, kies Stembeheer in die Hoofkieslys:
Wanneer stembeheer gereed vir gebruik is, word die stembeheer-skerm vertoon en sal jou GO sê "Ek luister". Praat wanneer jy die toon hoor.
Let wel: As die volumebeheer op 20% of laer gestel is, sal die volume outomaties na 50% verander sodra jy stembeheer begin gebruik.