Jy kan twee tipes lêers vanaf 'n geheuekaart invoer:
GPX-lêers - hierdie word "tracks" nadat hulle ingevoer is.
ITN-lêers - hierdie word roetes nadat hulle ingevoer is.
ITN-lêers is TomTom-reisplanlêers. Ander gebruikers kan reisplanlêers opneem en hulle met jou deel, of jy kan nutsgoed soos Tyre Pro vir beide ITN- en GPX-lêers aflaai.
Om een of meer roete en "track" vanaf 'n geheuekaart in te voer, doen die volgende:
Steek 'n geheuekaart by die kaartgleuf op jou TomTom GO in.
As roetes op jou geheuekaart gevind word, sal 'n boodskap dit bevestig.
Kies Voer roetes in.
Kies een of meer roetes uit die lys op jou geheuekaart om in te voer.
Kies Voer in.
Jy sien die boodskap Voer "tracks" in. Jou roetes word na jou toestel ingevoer.
Wanneer jy 'n boodskap sien dat jou roetes suksesvol ingevoer is, verwyder jou geheuekaart.
Om jou ingevoerde roetes en "tracks" te bekyk, kies My roetes in die Hoofkieslys.