Meer oor stembeheer

Let wel: Stembeheer werk nie op alle toestelle en in alle tale nie.

In stede daarvan om op items op die skerm te tik om jou TomTom GO te beheer, kan jy jou stem gebruik om jou GO te beheer.

Jy kan stembeheer gebruik om baie van die navigasiefunksies op jou GO te beheer, of om instellings te verander. So, byvoorbeeld, kan jy die skerm na dagkleure laat oorskakel, 'n geblokkeerde pad vermy of die volume sagter stel deur bloot jou stem te gebruik.

Stembeheer is aktief in die kaartaansig, leidingaansig en die stembeheerskerm.

Belangrik: Stembeheer benodig 'n stem wat straatname sê. As daar nie 'n stem wat straatname sê op jou TomTom GO geïnstalleer en gekies is nie, is hierdie funksie nie beskikbaar nie.

Om 'n stem te kies wat straatname hardop uitlees, kies Stemme in die Instellingskieslys en dan Kies 'n stem; kies dan 'n rekenaarstem wat straatname hardop uitlees.