Wanneer jy 'n handvry-oproep maak, kan jy die volume van die oproep verstel deur van die volumeknoppie op jou GO gebruik te maak. Al wat verstel word, is die volume van die oproep. Die volume van steminstruksies en waarskuwings bly onveranderd.
In die kaart- of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak. Kies die volumeknoppie en verskuif dit dan totdat jy die verlangde volume vir die oproep bereik het.