Installering van bywerkings en nuwe items

Let wel: As WiFi nie beskikbaar is nie of nie stabiel is nie, sien jy instruksies oor hoe om bywerkings te kry deur van 'n USB-verbinding met jou rekenaar gebruik te maak.

Wenk: Wanneer jy bywerkings via WiFi doen, beveel ons aan dat jy jou toestel deurentyd aan 'n kragtoevoer gekoppel hou.

Wenk: Druk die Aan/af-knoppie om die skerm af te skakel sodat die battery tydens die aflaai van 'n bywerking gespaar word.

Om bywerkings en nuwe items te kies en te installeer, doen die volgende:

  1. Kies Bywerkings en nuwe items.

    Die "Bywerkings en nuwe items"-knoppie wys hoeveel nuwe bywerkings en items vir installering beskikbaar is.

  2. Kies die items en bywerkings wat jy wil installeer. Die lys sluit items in wat jy in die TomTom-webwinkel gekoop het.

  3. Meld aan by jou TomTom-rekening wanneer jy gevra word om dit te doen.

    Wenk: Om aan te meld om bywerkings en nuwe items te gebruik, beteken ook dat jy aangemeld is om TomTom MyDrive dadelik te gebruik.