Daar kan op een van twee maniere gesoek word:
Begin om jou bestemming, plek of PVB in te tik om onmiddellik 'n lys straatname, plekke en PVB's te sien wat pas.
Volg maklike stappe om jou bestemming te vind. Vir 'n adres, tik eers die stad in, dan die straat, dan die huisnommer. Vir 'n PVB, tik in waar jy wil soek en dan die tipe PVB waarna jy wil soek.
Beide maniere waarop gesoek kan word, lewer dieselfde resultate. Kies dus die manier waarmee jy die gemaklikste is.
Jy kan die manier waarop gesoek word, verander onder Stelsel in die Instellingskieslys.