WiFi

Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan WiFi.

Vir 'n oorsig van die WiFi-netwerke tot jou beskikking en daardie WiFi-netwerke wat tans buite bereik is, gaan na:

Kies 'n WiFi-netwerk om mee te verbind of om te vergeet, en om gevorderde opsies te sien.

Gevorderde opsies

Deur op die "Gevorderde opsies"-knoppie te tik, kan jy 'n hele reeks instellings verander soos hoe jy netwerke beveilig, watter bediener as bystand moet dien en wat jou IP-adres is.

Netwerksekuriteit

Afhangende van die tipe WiFi-netwerk, mag slegs die volgende tipes opsies beskikbaar wees: wagwoord, instaanbediener en IP-instellings. 'n Meer beveiligde netwerk mag dalk ook bykomende sekuriteitsinstellings bied soos:

Belangrik: Hierdie is gevorderde WiFi-netwerksekuriteitsopsies; so tensy jy heeltemal seker is van wat jy doen, moenie hierdie opsies gebruik nie.

Instaanbediener

'n Instaanbediener wat tussen jou rekenaar en 'n bediener sit. Die instaanbediener onderskep data en verwerk dit. Dit kan die data aanvaar en dit na die bediener aanstuur, dit verwerp of dit hanteer sonder dat dit ooit die werklike bediener hoef te bereik.

Jou keuses vir instaanbedienerinstellings is Geen, Handmatig en Outo-konfigureer. As jy handmatig of outo-konfigureer kies, word verdere gevorderde opsies onthul. Dit is dus wenslik om nie hierdie te gebruik nie tensy jy seker is wat hierdie opsies beteken.

IP-instelling

Jy kan kies om jou IP-adres vanaf die DHCP-bediener te ontvang of dit instel om staties te wees.