TomTom MyDrive-app
Hierdie toestel is versoenbaar met die TomTom MyDrive-selfoontoepassing wat afgelaai kan word vanaf tomtom.com/mydrive-app. Die gebruik van die TomTom MyDrive-selfoontoepassing op jou slimfoon en enige integrasie met jou produk vereis dat jou slimfoon 'n draadlose datadiensplan moet hê wat deur 'n derdeparty-draadlosediensdraer verskaf word. Die verkryging van en alle veranderings aan sodanige konnektiwiteitsplan is jou verantwoordelikheid. TomTom sal nie aanspreeklik wees vir enige koste of uitgawes wat met sodanige netwerkkonnektiwiteitsplan geassosieer word nie (soos die dataheffings of moontlike 'tethering"-koste wat dalk deur jou draer opgelê kan word). Enige veranderings aan die beskikbaarheid of betroubaarheid van die netwerkverbinding kan moontlik 'n invloed hê op die werking van sekere TomTom-dienste wat dalk op hierdie navigasietoestel aangebied word.