Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Stelsel.
Op hierdie skerm kan jy hierdie instellings verander:
Op hierdie skerm kan jy allerhande nuttige inligting oor jou model of TomTom-toestel sien. Hierdie inligting is nuttig wanneer oproepe na kliëntesteundiens gemaak word en wanneer inskrywings via TomTom se webwinkel hernu word.
Van die inligting wat hier gewys word, sluit in:
Daar kan op een van twee maniere gesoek word:
Begin om jou bestemming, plek of PVB in te tik om onmiddellik 'n lys straatname, plekke en PVB's te sien wat pas.
Volg maklike stappe om jou bestemming te vind. Vir 'n adres, tik eers die stad in, dan die straat, dan die huisnommer. Vir 'n PVB, tik in waar jy wil soek en dan die tipe PVB waarna jy wil soek.
Beide maniere waarop gesoek kan word, lewer dieselfde resultate. Kies dus die manier waarmee jy die gemaklikste is.
As jou toestel 'n geheuekaartgleuf het, kan jy 'n geheuekaart formateer sodat dit vir TomTom-kaarte en ander TomTom-inhoud gebruik kan word.
Kies hierdie instelling om al jou gestoorde plekke en instellings te skrap en die standaard-fabriekinstellings op jou TomTom VIA te herstel. Dit sluit die taal, steminstellings, waarskuwinginstellings en tema in. Die kontakgids vanaf jou foon word ook geskrap.
Hierdie is nie 'n sagtewarebywerking nie en sal nie die weergawe beïnvloed van die sagtewaretoepassing wat op jou VIA geïnstalleer is nie.
Kies hierdie instelling om die energiebesparende opsies op jou VIA te beheer.
Sommige kenmerke vereis dat inligting aan TomTom gestuur of op jou toestel gestoor word. Die volgende vrae word aan jou gestel:
As jy instem, kan jy die volgende kenmerke gebruik mits hulle met jou toestel werk:
Liggings van spoedkameras aflaai
Verslae oor spoedkameras stuur
As jy instem, kan jou toestel bestemmings voorstel mits die kenmerk met jou toestel werk. As jy op 'n latere stadium jou instemming terugtrek, sal jou historiese roete-inligting verwyder word. Dit kom daarop neer dat sou jy in die toekoms besluit om weer van voorgestelde bestemmings gebruik te maak, dié kenmerk van meet af aan jou rypatrone moet aanleer voordat dit kan begin om bestemmings voor te stel.