Begin stembeheer

Om stembeheer te begin, sê die "word wakker"-frase in die kaartaansig of leidingaansig. By verstek is die "word wakker"-frase "Hello TomTom", maar jy kan jou eie "word wakker"-frase maak.

Wenk: Stembeheer en die "word wakker"-frase is by verstek AANGESKAKEL. Jy kan die "word wakker"-frase aan of af skakel deur na die Instellings-kieslys te gaan.

So nie, kies Stembeheer in die Hoofkieslys:

Wanneer stembeheer gereed vir gebruik is, word die stembeheer-skerm vertoon en sal jou VIA sê "Ek luister". Praat wanneer jy die toon hoor.

Let wel: As die volumebeheer op 20% of laer gestel is, sal die volume outomaties na 50% verander sodra jy stembeheer begin gebruik.