Belangrik: WiFi-verbindings waarvoor aanmelding verlang word, werk nie met VIA nie. Hierdie soort WiFi-verbindings word dikwels in openbare plekke aangetref, soos in hotelle, winkels en restaurante.
Om met 'n WiFi-netwerk te verbind, doen die volgende:
Jy sien 'n oorsig van die WiFi-netwerke tot jou beskikking en gestoorde WiFi-netwerke wat tans buite bereik is.
Wenk: Rol na onder om 'n lys te sien van gestoorde netwerke wat tans buite bereik is.
Wenk: Vir gevorderde opsies vir ’n WiFi-netwerk sien WiFi in die Instellingskieslys.
Jou toestel mag dalk ’n rukkie neem om met die WiFi-netwerk te verbind. As dit te lank neem, gaan die identiteit en wagwoord na wat jy vir die WiFi-netwerk gebruik het.
Sodra jou toestel suksesvol met die WiFi-netwerk verbind het, sien jy die status Verbind onder die WiFi-netwerk se naam.