Verbind 'n slimfoon
Jy word gevra om jou slimfoon te verbind wanneer jy jou TomTom VIA die eerste keer begin, of nadat jy jou VIA teruggelaai het.
Wenk: Jy kan meer as een foon met jou VIA verbind.
Verbind jou foon via die MyDrive-app
- Op jou slimfoon, laai die TomTom MyDrive-app vanaf tomtom.com/mydriveapp af en installeer dit.
- Maak die MyDrive-app oop. As jy nie gevra word om jou foon te verbind nie, tik die toestelsimbool langs die soek-balk op die app se hoofskerm.
- Skakel Bluetooth op jou foon aan, en maak seker jou foon kan bespeur word.
- Op jou TomTom VIA, maak die Hoofkieslys oop en kies Instellings.

- Kies Bluetooth.

- Kies Voeg foon by.
- Volg die stappe in die app op jou VIA om jou foon met jou VIA af te paar.
Jou foon se oproepgeskiedenis en gereelde kontakte word op jou navigasietoestel ingevoer.
Wanneer jou foon verbind is en handvry-bellery geaktiveer is, sien jy hierdie ikoon op die kaart of in die leidingaansig:

Jy kan in die instellingskieslys moeiteloos verander watter foonkenmerke jy in Bluetooth wil gebruik.
Verbind jou foon deur slegs Bluetooth te gebruik
As jy verbind deur slegs van Bluetooth gebruik te maak, sal die kenmerk vir slimfoonboodskappe nie beskikbaar wees nie.
- Skakel Bluetooth op jou foon aan, en maak seker jou foon kan bespeur word.
- Skakel die Persoonlike-areanetwerk (PAN) op jou foon aan.
- Op jou toestel, maak die Hoofkieslys oop en kies Instellings.

- Kies Bluetooth.
- Kies Voeg foon by.
- Kies die vraagteken regs onder op die skerm.
- Kies Wil nie die app gebruik nie? Volg hierdie instruksies.
- Op jou foon, gaan na Bluetooth-instellings. Wag totdat jou TomTom-toestel verskyn in die lys wat op jou foon gewys word. Tik daarop om dit af te paar.
- Op jou toestel, kies Paar af om die afparingsversoek vanaf jou foon te aanvaar. As jy 'n iPhone het, moet jy ook die tweede afparingsversoek aanvaar.
- Kies Klaar.
Jou foon se oproepgeskiedenis en gereelde kontakte word op jou navigasietoestel ingevoer.
Wanneer jou foon verbind is en handvry-bellery geaktiveer is, sien jy hierdie ikoon op die kaart of in die leidingaansig:
