Meer oor handvry-bellery

Jy kan via jou TomTom VIA handvry oproepe maak en ontvang. Jy kan jou stem of 'n kombinasie van jou stem en aanraking gebruik om handvry-bellery te aktiveer.

As jy oor 'n Android-slimfoon beskik, kan jy ook voorafbewoorde teks gebruik om op 'n oproep te reageer.

Jou VIA kan ook SMS'e, andersins bekend as teksboodskappe, en kitsboodskappe ontvang wat via ander apps versend is.

Jy kan ook jou VIA gebruik om met jou foon se persoonlike assistent te kommunikeer.

Om handvry-oproepe te maak, moet jy eers jou foon met jou VIA verbind.

Wenk: Dit gaan 'n rukkie neem om al die kontakte op jou foon te sinchroniseer. Daarom sal jy dalk nie die inbeller se ID sien kort nadat jy jou VIA verbind het nie.