Meer oor TomTom-dienste

'n VIA verbind met TomTom-dienste op een van twee maniere, afhangende van die model:

Om TomTom-dienste op jou VIA te kry, het jy die volgende items nodig:

Om TomTom-dienste te gebruik, beteken dat data deur jou foon via jou selfoondiensverskaffer versend en ontvang word.

Belangrik: Jy kan dalk addisionele koste op die hals haal wanneer jy die internet op jou foon gebruik, veral wanneer jy buite die gebied is wat deur jou dataplan gedek word. Vra jou selfoondiensverskaffer vir meer inligting.

Let wel: TomTom-dienste is nie op alle VIA-navigasietoestelle beskikbaar nie.

Let wel: TomTom-dienste is nie in alle lande of streke beskikbaar nie, en nie alle dienste is in alle lande of streke beskikbaar nie. Vir meer inligting oor beskikbare dienste in elke streek, gaan na tomtom.com/services.

Traffic en Spoedkameras

TomTom-dienste gee jou intydse inligting oor verkeer en spoedkameras op jou roete.

Sodra jou toestel 'n internetverbinding het EN jy tot die inligting- en privaatheidsvergunnings ingestem het, begin jou toestel om verkeerinfo te ontvang sowel as bywerkings oor die ligging van vaste en mobiele spoedkameras.

Om meer inligting oor jou Traffic- en spoedkamera-inskrywings te sien, maak die Help-skerm oop en kies Meer oor.

Om die status van jou Traffic-verbinding te sien, kyk regs bo in die Hoofkieslys. As jou VIA nie met Traffic verbind is nie, is daar 'n kruisie deur die Traffic-simbool.

MyDrive

MyDrive maak beheer van jou toestel moontlik deur jou in staat te stel om die volgende te doen:

Om meer te wete te kom, sien Sinchroniseer via TomTom MyDrive of gaan na mydrive.tomtom.com.

Om outomatiese sinchronisering via MyDrive aan te skakel, kies Instellings en dan MyDrive. Verbind met die internet via een van die drie beskikbare metodes en meld dan by jou TomTom-rekening aan.

Let wel: Sommige TomTom-dienste is dalk nie in jou huidige ligging beskikbaar nie.