In die kaartaansig of leidingaansig, kies die hoofkieslys-knoppie om die Hoofkieslys oop te maak.
Die volgende navigasieknoppies is op die hoofkieslys-skerm beskikbaar, benewens ander knoppies en simbole:
Let wel: Nie alle funksies werk op alle toestelle nie.
Soek |
Kies hierdie knoppie om vir 'n adres, 'n plek of 'n Plek van belang te soek en kies dan Beplan 'n roete (Beplan 'n roete via kitssoek, Beplan 'n roete na 'n adres) na daardie ligging. |
Ry Huis toe |
Kies hierdie knoppie om na jou huisligging te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou huisligging op te stel. |
Ry Werk toe |
Kies hierdie knoppie om na jou werkplek te ry. As hierdie knoppie nie by jou hoofkieslys ingesluit is nie, gaan na My plekke om jou werkplek op te stel. |
Onlangse bestemming |
Kies hierdie knoppie om 'n lys van jou onlangse bestemmings oop te maak. Kies 'n onlangse bestemming om 'n roete na daardie bestemming te beplan. |
Huidige roete / Huidige "Track"
|
Kies hierdie knoppie om jou beplande roete of "track" te wis of te verander. |
Rapporteer kamera |
Kies hierdie knoppie om 'n spoedkamera te rapporteer. |
Bel |
Kies hierdie knoppie om handvry-oproepe te maak via jou VIA. |
My plekke |
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde plekke te wys. |
My roetes |
Kies hierdie knoppie om jou gestoorde roetes te wys. |
Parkering |
Kies hierdie knoppie om parkeerterreine te vind. |
Vulstasie |
Kies hierdie knoppie om vulstasies te vind. |
Stembeheer |
Kies hierdie knoppie om stembeheer te begin. Wenk: Jy kan ook die "word wakker"-frase sê om stembeheer te begin. |
TomTom-dienste |
Kies hierdie knoppie om die status van jou verbinding met die internet te sien. |
Begin opname |
Kies hierdie knoppie om die opneem van 'n "track" te begin of te staak. |