Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Kaarte.
Verander die kaart
Kies Verander kaart om die kaart waarvan jy gebruik maak, te verander.
Jy kan kies uit kaarte wat óf in die interne geheue óf op geheuekaarte gestoor is indien jou VIA 'n geheuekaartgleuf het.
Belangrik: Roetes en "tracks" kan nie op dieselfde geheuekaart as kaarte gestoor word nie omdat 'n ander tipe geheuekaart-formatering gebruik word.
Let wel: Alhoewel jy meer as een kaart op jou VIA kan stoor, kan jy net een kaart op 'n keer vir beplanning en navigering gebruik.