Maak 'n handvry-oproep na 'n kontak

  1. In die Hoofkieslys kies Bel.

    'n Lys van jou onlangse kontakte word op jou VIA gewys.

  2. Kies Tik hier om kontakte te soek bo-aan die lys van onlangse kontakte.

    Jou lys van kontakte word op jou VIA gewys.

  3. Kies 'n kontak uit die lys, of kies Tik kontak se naam in om 'n kontak te soek.

    Let wel: 'n Soektog vind slegs die eerste gedeelte van 'n woord of naam; byvoorbeeld "jonker" sal "jonkershoek" vind maar nie "strooijonker" nie.

    Jou kontak en die foonnommer word op jou VIA gewys.

  4. Kies die telefoonknoppie om jou kontak te skakel.
  5. Kies die rooi knoppie om die oproep te beëindig.