MyDrive is 'n lessenaargebaseerde toepassing wat jou help om jou TomTom VIA se inhoud en dienste te bestuur . Jy kan, byvoorbeeld, MyDrive Connect gebruik om kaartbywerkings en sagtewarebywerkings te kry of om jou TomTom-rekening te bestuur.
Jy kan ook die toestelle wat met jou rekening verbind word via MyDrive Connect beheer.
Let wel: Jy kan voortaan tot soveel as tien TomTom-toestelle met een TomTom-rekening verbind.
Jy word aangeraai om jou VIA gereeld aan MyDrive Connect te koppel om seker te maak dat jy altyd oor die mees onlangse bywerkings beskik.
Belangrik: Op toestelmodelle START 42/52, START 40/50/60 en GO 51/61 word die skerm doelbewus verdof wanneer jy jou toestel aan jou rekenaar koppel.
Wenk: Ons beveel gebruik van 'n breëband-internetverbinding aan wanneer jy ook al jou VIA aan MyDrive Connect koppel.
Wenk: As jy 'n versoenbare navigasietoestel het, kan jy ook TomTom MyDrive gebruik om 'n bestemming te stel, liggings en gunstelinge te deel, en jou persoonlike navigasie-inligting te stoor.