Tip: To access settings and the status of your services quickly, select the menu bar at the top of the main menu. In portrait mode, you can also tap the icons down the right hand side.
Jou TomTom GO ESSENTIAL is 'n "Slimfoonverbinde" toestel en vekry toegang tot TomTom-dienste via jou slimfoon.
Om TomTom-dienste op jou TomTom GO ESSENTIAL te kry, het jy die volgende items nodig:
Om TomTom-dienste te gebruik, beteken dat data deur jou foon via jou selfoondiensverskaffer versend en ontvang word.
Belangrik: Jy kan dalk addisionele koste op die hals haal wanneer jy die internet op jou foon gebruik, veral wanneer jy buite die gebied is wat deur jou dataplan gedek word. Vra jou selfoondiensverskaffer vir meer inligting.
Let wel: TomTom-dienste is nie in elke land of streek beskikbaar nie. Vir meer inligting oor beskikbare dienste in elke streek, gaan na tomtom.com/services.
Traffic en Spoedkameras
TomTom-dienste gee jou intydse inligting oor verkeer en spoedkameras op jou roete.
Sodra jou toestel 'n internetverbinding het EN jy tot die inligting- en privaatheidsvergunnings ingestem het, begin jou toestel om verkeerinfo te ontvang sowel as bywerkings oor die ligging van vaste en mobiele spoedkameras.
Om meer inligting oor jou Traffic- en spoedkamera-inskrywings te sien, maak die Help-skerm oop en kies Meer oor.
Om die status van jou Traffic-verbinding te sien, kyk regs bo in die Hoofkieslys. As jou TomTom GO ESSENTIAL nie met Traffic verbind is nie, is daar 'n kruisie deur die Traffic-simbool.
![]()
So nie, kies die kieslysbalk in die hoofkieslys om kitstoegang tot diensstatus en instellings te verkry.
Belangrik: Die spoedkameradiens is nie in alle lande beskikbaar nie. Byvoorbeeld, in Frankryk bied TomTom in plaas hiervan 'n gevaarsonediens aan, en in Switserland word spoedkameradienste glad nie toegelaat nie. In Duitsland is jy daarvoor verantwoordelik om die spoedkameradiens aan en af te skakel. Die kwessie rondom die wettigheid van die gebruik van spoedkameradienste in Duitsland en ander EU-lande is nie uniek nie. Jy gebruik dus hierdie diens op jou eie risiko. TomTom aanvaar geen aanspreeklikheid wat uit die gebruik van hierdie diens sou voortspruit nie.