Gebruik van PVB-lyste komende van die gemeenskap

Jy kan die gemeenskap se versamelde PVB's op die Internet vind en gebruik deur hulle te stoor op 'n werkende SD-kaart wat jy by jou toestel insteek. 'n PVB-versameling kan, byvoorbeeld, kampeerterreine of restaurante bevat vir die area waardeur jy reis en aan jou 'n maklike manier bied om 'n ligging te kies sonder dat jy telkens na die ligging hoef te soek.

Wenk: Op sommige TomTom-navigasietoestelle is PVB-lyste vooraf geïnstalleer.

Jou TomTom Rider gebruik .OV2-lêers vir PVB-versamelings.

Gebruik van 'n .OV2-lêer op jou TomTom Rider

  1. Kopieer die .OV2 via 'n rekenaar na 'n werkende SD-kaart.
  2. Kies My plekke in die hoofkieslys.

    Jou nuwe PVB-lys word in die Places-lys gewys.

  3. Kies jou nuwe PVB-lys.

    Jou nuwe PVB-lys maak oop en wys al die PVB's in daardie lys.

    Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.

    Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:

  4. Kies 'n PVB uit die lys, of kies die kaartaansig om die PVB's op die kaart te sien.
  5. Om 'n roete na hierdie bestemming te beplan, kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

Wys altyd die liggings van die PVB's in jou lys op die kaart

  1. Kies Voorkoms in die Instellingskieslys.
  2. Kies Wys PVB-lyste op kaart.

    Jy sien 'n lys van al die PVB-lyste wat op jou TomTom Rider gestoor is.

  3. Kies die PVB-lys wat jy deurentyd op jou kaart wil sien.
  4. Kies 'n simbool vir jou PVB-lys.

  5. Gaan terug na die kaartaansig.
  6. Kies Skakel af om jou TomTom Rider heeltemal af te skakel, en skakel dit dan weer aan.

    Die liggings van die PVB's in jou lys word op die kaart gewys met die simbool wat jy gekies het.

Verwyder die liggings van die PVB's in jou lys van die kaart

  1. Kies Voorkoms in die Instellingskieslys.
  2. Kies Wys PVB-lyste op kaart.

    Jy sien 'n lys van al die PVB-lyste wat op jou TomTom Rider gestoor is.

  3. Kies die PVB-lys wat jy van jou kaart wil verwyder.

    Wenk: Die PVB-lys is gemerk met die simbool wat jy gekies het.

  4. Kies Moenie wys nie.
  5. Gaan terug na die kaartaansig.
  6. Kies Skakel af om jou TomTom Rider heeltemal af te skakel, en skakel dit dan weer aan.

    Die liggings van die PVB's in jou lys is van die kaart verwyder.