Voer roetes via USB na jou rekenaar in

Jy kan twee tipe lêers via USB na jou TomTom Rider vanaf jou rekenaar invoer:

Om roetes via USB in te voer, doen die volgende:

  1. Koppel jou TomTom Rider aan jou rekenaar via die voorsiene USB-kabel, en skakel dan jou TomTom Rider aan.

    Die "Aan jou rekenaar gekoppel"-skerm word gewys.

    Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel TomTom Rider voorsien is. Ander USB-kabels sal dalk nie werk nie.

    Belangrik: Jy behoort die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar in te prop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.

    Wenk: Sou jy die "Aan jou rekenaar gekoppel"-skerm verlaat maar steeds roetes wil invoer, ontkoppel die USB-kabel en koppel dit dan weer aan jou rekenaar.

  2. Op jou TomTom Rider, kies Voer roetes in.
  3. Maak 'n lêerblaaier op jou rekenaar oop.

    Wenk: Jou TomTom Rider word as 'n rekenaaraandrywer gewys.

  4. In die lêerblaaier, kopieer die roete of roetes wat jy wil invoer en plak hulle dan in jou TomTom Rider.

    Wenk: Jy kan jou roetes in die wortelgids plak of in die vouer wat die interne bergingsgeheue bevat. As 'n geheuekaart by jou TomTom Rider ingesteek is, kan jy ook jou roetes na die SD-kaartvouer kopieer.

  5. Op jou TomTom Rider, kies Klaar.

    Jou TomTom Rider wys die roetes wat gekopieer is.

  6. Kies een of meer roetes om in te voer, en kies dan Voer in.

    Jy sien die boodskap Voer tans roetes in....

  7. Wanneer jy die boodskap Invoer afgehandel sien, kies OK en ontkoppel dan jou TomTom Rider.
  8. Om jou ingevoerde roetes en "tracks" te bekyk, kies My roetes in die Hoofkieslys.