Voer roetes en "tracks" vanaf 'n geheuekaart in
Jy kan twee tipes lêers vanaf 'n geheuekaart invoer:
- GPX-lêers - hierdie word "tracks" nadat hulle ingevoer is.
- ITN-lêers - hierdie word roetes nadat hulle ingevoer is.
ITN-lêers is TomTom-reisplanlêers.
Om een of meer roete en "track" vanaf 'n geheuekaart in te voer, doen die volgende:
- Steek 'n geheuekaart by die kaartgleuf op jou TomTom Rider in.
As roetes op jou geheuekaart gevind word, sal 'n boodskap dit bevestig.
- Kies Voer roetes in.
- Kies een of meer roetes uit die lys op jou geheuekaart om in te voer.
- Kies Voer in.
Jy sien die boodskap Voer "tracks" in. Jou roetes word na jou toestel ingevoer.
- Wanneer jy 'n boodskap sien dat jou roetes suksesvol ingevoer is, verwyder jou geheuekaart.
- Om jou ingevoerde roetes en "tracks" te bekyk, kies My roetes in die Hoofkieslys.