Verbind met die internet via MyDrive Connect

As jy nie via Wi-Fi met die internet kan verbind nie, kan jy bywerkings en nuwe items installeer deur 'n USB-verbinding met 'n rekenaar te gebruik.

Terwyl jou toestel verbind is, kan jy ook via TomTom MyDrive sinchroniseer.

Om via USB met die internet te verbind, doen die volgende:

  1. Maak seker dat MyDrive Connect op jou rekenaar geïnstalleer is.
  2. Maak seker jou rekenaar het 'n werkende internetverbinding.
  3. Koppel jou TomTom Rider aan jou rekenaar via die voorsiene USB-kabel, en skakel dan jou TomTom Rider aan.

    MyDrive Connect begin outomaties en deel jou rekenaar se internet met jou toestel.

    Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel TomTom Rider voorsien is. Ander USB-kabels sal dalk nie werk nie.

    Let wel: Jy kan nie die hegstuk gebruik om jou TomTom Rider aan jou rekenaar te koppel nie.

    Let wel: Jy moet die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.

  4. Installeer jou bywerkings en nuwe items op jou TomTom Rider.