Verbind 'n multikanaal-kopfoon

Die instruksies hieronder wys hoe om 'n Bluetooth-multikanaal-kopfoon te verbind:

Let wel: As jy reeds probeer het om jou toestelle te verbind, maak die afparingsgeskiedenis op jou toestel en foon skoon en begin van vooraf. Sodoende sal 'n nuwe Bluetooth-sessie tussen die toestelle bewerkstellig word. Sien: Diskonnekteer 'n slimfoon

Tip: To see videos about connecting your headset to your Rider 500/550, see: https://uk.support.tomtom.com/app/answers/detail/a_id/25643/locale/en_ZA

  1. Maak seker jou kopfoon is ten volle gelaai deur die laaier te gebruik wat saam met jou kopfoon voorsien word.
  2. Skakel die kopfoon aan en maak seker dat dit ontdek kan word deur die gebruiksinstruksies te volg wat saam met jou kopfoon voorsien word.
  3. Gebruik Bluetooth-kanaal 1 om jou foon met jou kopfoon af te paar.
  4. Paar jou Rider met jou foon af.
  5. Gebruik Bluetooth-kanaal 2 om jou Rider met jou kopfoon af te paar.

Afparing van jou Rider met jou kopfoon

  1. Uit die Hoofkieslys, kies Instellings.
  2. Kies Bluetooth.

  3. Kies Voeg kopfoon by.
  4. Kies Gaan voort en kies dan Soek kopfoon en volg die instruksies om 'n verbinding te bewerkstellig.
  5. Heg jou kopfoon aan jou helm deur die instruksies in jou kopfoon se handleiding te volg.

    Maak seker dat jy die mikrofoon reg posisioneer. Vir die beste resultate, moenie die mikrofoon reg voor jou mond posisioneer nie; posisioneer dit net effe na die kant van jou mond.

Belangrik: Wanneer 'n kopfoon gebruik word, sal die volumebeheer dalk nie beskikbaar wees nie omdat jou kopfoon nie met afstandsbeheerde volumebeheer werk nie. As dit die geval is, gebruik die volumebeheer-knoppie op die kopfoon self om die volume te verander.