Om stembeheer aan te skakel en die knoppie in die ritaansig te wys, tik Stembeheerin die instellingskieslys en kies Aktiveer stembeheer.
Om stembeheer af te skakel en die knoppie uit die ritaansig te verwyder, tik Stembeheerin die instellingskieslys en kies Deaktiveer stembeheer.
Die volgende voorbeeld wys hoe om stembeheer te gebruik om 'n reis na jou huisadres te beplan:
Jy sien 'n skerm met voorbeelde van bevele wat jy kan sê.
Tik Wat kan ek sê? om 'n volledige lys te sien van die bevele wat jy kan sê. As 'n alternatief, tik Instellings in die hoofkieslys, tik Stembeheer en tik dan Wat kan ek sê?
Terwyl jy praat, wys die mikrofoonmonitor hoe goed die toestel jou stem kan hoor:
Vir sommige frases vra jou toestel vir bevestiging.
Wenk: Vir die beste herkenning van wat jy sê, praat normaalweg sonder om te probeer om woorde op 'n onnatuurlike manier te artikuleer. As daar, byvoorbeeld, oormatige padgeraas is, mag dit nodig wees om in die rigting van die mikrofoon te praat.
As die bevel verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die bevel nadat jy weer eens die por en toon gehoor het.
Jou toestel beplan 'n roete vanaf jou huidige ligging na jou bestemming.
Wenk: Om te verhoed dat jou toestel na verdere bevele luister, sê "Kanselleer". Om een stap terug te gaan, sê "Terug".