Gereelde bestemmings

As jy dikwels ritte na dieselfde bestemmings onderneem, kan jy jou TomTom-toestel instel om jou te vra of jy 'n roete na een van hierdie liggings wil beplan elke keer wanneer die toestel aanskakel. Hierdie opsie is vinniger as om 'n roete op die normale manier te beplan.