Gunstelinge |
Tik hierdie knoppie om gunstelinge by te voeg, te hernoem of te skrap. Gunstelinge is 'n maklike manier om 'n ligging te kies sonder om die adres in te tik. Hulle hoef nie werklik gunsteling-plekke te wees nie, maar kan bloot beskou word as 'n versameling nuttige adresse. Om 'n nuwe gunsteling te skep, tik Voeg by. Tik dan die ligging se adres in op dieselfde manier as wanneer jy 'n adres invoer wanneer jy 'n roete beplan. Om 'n bestaande gunsteling te bekyk of te verander, tik een van die items in die lys. Om meer gunstelinge op die kaart te sien, tik die links- of regs-knoppie. |