Skep 'n gunsteling

Om 'n gunsteling te skep, doen die volgende:

  1. Tik die skerm om die hoofkieslys oop te maak.
  2. Tik Instellings om die instellingskieslys oop te maak.
  3. Tik Gunstelinge.
  4. Tik Voeg by.

    Kies die tipe gunsteling deur een van die knoppies te tik wat hieronder beskryf word:

    Huis

    Jy kan jou huisligging as 'n gunsteling instel.

    Gunsteling

    Jy kan nie 'n gunsteling uit 'n ander gunsteling skep nie. Hierdie opsie sal nooit in hierdie kieslys beskikbaar wees nie.

    Om 'n gunsteling te hernoem, tik Gunstelingein die instellingskieslys.

    Adres

    Jy kan 'n adres as 'n gunsteling invoer.

    Onlangse bestemming

    Skep 'n gunsteling deur 'n ligging uit die lys van jou onlangse bestemmings te kies.

    Plaaslike soektog

    Tik hierdie knoppie om Plaaslike soektog met TomTom Places te gebruik om liggings soos winkels en sake-ondernemings te vind en hulle as gunstelinge te stoor.

    As jy, byvoorbeeld, 'n swembad naby jou huidige ligging wil vind, tik 'swembad' in en kies die beste soekresultaat.

    Let wel: Slegs beskikbaar op LIVE-toestelle

    Plek van belang

    As jy 'n PVB besoek waarvan jy besonder baie hou, soos byvoorbeeld 'n restaurant, kan jy dit as 'n gunsteling byvoeg.

    My ligging

    Tik hierdie knoppie om jou huidige ligging as 'n gunsteling by te voeg.

    As jy byvoorbeeld iewers interessants stilhou, kan jy terwyl jy daar is hierdie knoppie tik om die gunsteling te skep.

    Punt op kaart

    Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling met die kaartblaaier te skep.

    Kies die ligging van die gunsteling deur die por te gebruik, en tik dan Klaar.

    Breedtegraad Lengtegraad

    Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling te skep deur die breedte- en lengtegraadwaardes in te voer.

    Gesproke adres

    Tik hierdie knoppie om 'n gunsteling te skep deur die adres te sê.

    Posisie van laaste stilhouplek

    Tik hierdie knoppie om jou laaste aangetekende posisie as jou bestemming te kies.

    Jou toestel stel 'n naam vir jou nuwe gunsteling voor. Dit is nie nodig om die voorgestelde naam te skrap om 'n nuwe naam in te tik nie; jy begin net tik.

    Wenk: Dit is 'n goeie idee om jou gunsteling 'n naam te gee wat maklik onthou kan word.

    Tik OK.

Jou nuwe gunsteling verskyn in die lys.

Nadat jy twee of meer gunstelinge bygevoeg het, en Wenke afgeskakel is, word jy gevra of jy gereeld ritte na dieselfde liggings onderneem. As jy JA tik, kan jy hierdie bestemmings as jou gunstellingbestemmings invoer. Elke keer wanneer jy jou toestel aanskakel, kan jy dadelik een van hierdie liggings as jou bestemming kies. Om hierdie bestemmings te verander of 'n nuwe bestemming te kies, tik Begin in die instellingskieslys en kies dan Vra vir 'n bestemming.