Let wel: Stembeheer werk nie op alle toestelle en in alle tale nie.
In stede daarvan om op die skerm te tik om jou TomTom-toestel te beheer, kan jy jou stem gebruik om jou toestel te beheer.
Byvoorbeeld, om die volume op jou toestel te verhoog, kan jy sê "Verhoog volume".
Om die lys van beskikbare bevele te bekyk, tik Hulp in die hoofkieslys, tik Produkhandleidings en tik dan Wat kan ek sê?
Belangrik: Stembeheer vereis 'n rekenaarstem. As daar nie 'n rekenaarstem op jou TomTom-toestel geïnstalleer en gekies is nie, is hierdie funksie nie beskikbaar nie.
Om 'n rekenaarstem te kies, tik Stemme in die instellingskieslys; tik dan Verander stem en kies 'n rekenaarstem.