Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Klanke en waarskuwings.
Op hierdie skerm kan jy die klank- en waarskuwinginstellings verander.
Tipe waarskuwing
Jy kan kies hoe jy gewaarsku wil word:
Hoor gesproke waarskuwings en waarskuklanke.
Hoor slegs waarskuklanke.
Geen waarskuklanke word gegee nie.
Waarskuwings
Jy kan stel hoe jy teen verskillende tipes kameras, gevaarsones en gevare gewaarsku wil word. Jy kan kies of jy altyd gewaarsku wil word, of jy slegs gewaarsku wil word wanneer jy die spoedgrens oortree, of om nooit gewaarsku te word nie.
Spoedkameras en gevare
Jy kan kies om alle waarskuwings teen spoedkameras, gevaarsones en gevare af te skakel. Wanneer Spoedkameras en gevare aangeskakel is, kan jy die waarskuwings vir elke tipe spoedkamera, gevaarsone en gevaar afskakel.
Bykomende instellings
Waarskuwings teen verkeersknope in die roetebalk is deel van TomTom Traffic. Jy kan kies om nooit gewaarsku te word nie of om altyd gewaarsku te word wanneer jy 'n verkeersknoop té vinnig nader.
Hierdie waarskuwing word gegee sodra jy die spoedgrens met meer as 5 km/h of 3 mpu oorskry. Wanneer jy té vinnig ry, verander die spoedpaneel in die leidingaansig ook na rooi.
Skakel Lees verkeerswaarskuwings hardop aan om gesproke verkeersverwante waarskuwings op jou roete te hoor.