Om jou slimfoon te gebruik om die TomTom BRIDGE met 'n netwerk te verbind, beteken dat data via jou selfoondiensverskaffer deur jou slimfoon versend en ontvang word.
Jou slimfoon moet met jou TomTom BRIDGE versoenbaar wees, en jy moet 'n dataplan vanaf 'n selfoondiensverskaffer hê. Gaan na tomtom.com/connect vir nadere besonderhede.
Belangrik: Jy kan dalk addisionele koste op die hals haal wanneer jy jou slimfoon gebruik om jou TomTom BRIDGE te verbind, veral wanneer jy jou buite die gebied bevind wat deur jou dataplan gedek word. Vra jou selfoondiensverskaffer vir meer inligting.