Jy kan 'n "track" opneem terwyl jy ry, ongeag of jy vooraf 'n roete beplan het of nie. Nadat jy dit opgeneem het, kan jy jou "track" uitvoer sodat jy dit met ander mense kan deel. So nie kan jy dit bekyk via TomTom MyDrive mits jy op jou toestel by MyDrive aangemeld is.
Om 'n "track" op te neem, doen die volgende:
'n Rooi kolletjie verskyn in die regter onderste hoek van die skerm en flits aanvanklik 3 keer om te wys dat jy nou besig is om op te neem. Die kolletjie bly op die skerm totdat jy die opname staak.
Let wel: Jy kan "tracks" uitvoer as GPX-lêers en hulle op 'n geheuekaart stoor sodat jy hulle met ander kan deel.