Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Let wel: Hierdie funksie is nie op alle toestelle beskikbaar nie.
Jy kan die Internet via die TomTom BRIDGEInternetblaaier deursoek en dan kies watter teks uit die soekresultate jy met die TomTom Navigasie-app wil deel. Om 'n roete te beplan deur die Internetblaaier te gebruik, doen die volgende:
Die navigasie-app begin en die "soek"-skerm maak oop, kompleet met 'n sleutelbord. Die teks wat geselekteer is, verskyn bo-aan die skerm en die soekvoorstelle, gegrond op die geselekteerde teks, word in kolomme gewys.
Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.
Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:
Wenk: As jy 'n huisnommer intik wat nie gevind word nie, word die nommer in rooi gewys. Die naaste huisnommer wat gevind is, word in die Ry-knoppie gewys. Jy kan 'n nuwe huisnommer intik, of jy kan Ry na kies om na die naaste huisnommer te ry.
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.
Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.
Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.