SLEGS KITSSOEK
Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Om 'n roete via 'n stel koördinate te beplan, doen die volgende:
Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.
Wenk: Die voorbeeld van koördinate wat op die skerm verskyn, is jou huidige lengte- en breedtegraad.
N 51.51000 W 0.13454
51.51000 -0.13454
Wenk: Vir desimale waardes hoef jy nie 'n letter te gebruik om die breedtegraad en lengtegraad aan te dui nie. Vir liggings wes van die 0-meridiaan en suid van die ewenaar, gebruik 'n minus-teken (-) voor die koördinaat.
N 51°30′31″ W 0°08′34″
N 51 30.525 W 0 08.569
Let wel: Die balk onder die koördinate word rooi as jy koördinate ingetik het wat nie deur jou TomTom BRIDGE erken word nie.
Dorpe of paaie word aan die linkerkant gewys; PVB's word aan die regterkant gewys.
Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.
Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:
Die ligging word op die kaart vertoon.
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.
Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.
Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.