Om vanaf jou huidige ligging na een van jou My plekke te navigeer, doen die volgende:
'n Lys van al jou plekke maak oop.
Die plek waarheen jy gekies het om te navigeer, word saam met 'n opwipkieslys op die kaart gewys.
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.
Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.
Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.