Beplanning van 'n roete na 'n stadskern

SLEGS KITSSOEK

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om via soek 'n roete na 'n middestad te beplan, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Soek.

    Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.

  3. Gebruik die sleutelbord om die naam in te tik van die stad of dorp waarheen jy 'n roete wil beplan.

    Jy kan 'n dorp, stad of poskode soek.

    Wenk: Om vir 'n spesifieke stad te soek, kan jy die stad se poskode of die land gebruik. So, byvoorbeeld, sal om na Essen te soek, baie resultate oplewer. As jy na Essen 2910 of Essen België soek, sal daardie stad bo-aan die lys van resultate verskyn. Jy kan dan in die stad soek.

    Wenk: Wanneer gesoek word, word die hele kaart deursoek. As jy wil verander hoe daar gesoek word, kies die "tipe soektog"-knoppie en kies dan 'n soekopsie.

  4. Namate jy tik, word voorstelle in kolomme gewys gegrond op dit wat jy ingetik het. Jy kan aanhou tik of 'n voorstel kies.

    Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.

    Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:

  5. Kies die stad in die linkerkantste kolom.

    Die stad se naam word regs van die Soek-insetkassie gewys, en die PVB middestad word onderaan die regterkantste kolom gewys.

  6. Kies die PVB "middestad".

    Die middestad word op die kaart vertoon.

  7. Kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.

    Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.