In plaas daarvan om na die begin van 'n gestoorde roete te navigeer, kan jy vanaf jou huidige ligging na 'n stilhouplek op jou gestoorde roete navigeer. Die stilhouplek word na die begin van jou roete verander. Jou nuwe beginpunt kan dalk een nader aan jou huidige ligging wees, of dalk wil jy bloot jou roete korter maak.
Let wel: Die roete vanaf die oorspronklike beginpunt tot by die nuwe beginpunt word uit die roete verwyder.
Let wel: Jou oorspronklike roete in My roetes word nie verander nie. As jy die hele roete wil sien, kies weer die roete in My roetes.
Die roete word in die kaartaansig gewys.
Jou roete word vanaf die nuwe beginpunt bereken.
Die beginpunt van jou roete word na jou eerste stilhouplek omgeskakel en die roete word dan vanaf jou huidige ligging beplan. Begeleiding na jou bestemming begin. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: Daar is twee ander maniere om via 'n gestoorde roete te navigeer:
Kies die beginpunt van die roete. Wanneer die opwipkieslys oopmaak, kies Verander na 'n stilhouplek.
So nie, kies Ry na roete in die "Huidige roete"-kieslys.