Die taal wat op die TomTom BRIDGE gebruik word, is ook die taal wat gebruik word vir die apps wat op die toestel geïnstalleer is. Byvoorbeeld, die taal wat vir knoppies en kieslyste in die navigasie-app gebruik word, is dieselfde as die taal wat jy in die instellings vir jou toestel gekies het.
Jy kan die toestel se taal verander in Taal en inset in die TomTom BRIDGEInstellings-app.
Sou jy die toestel se taal verander, kan die stem wat in die navigasie-app vir gesproke instruksies en ander inligting oor die roete gebruik word, dalk nie met die toestel se nuwe taal versoenbaar wees nie. Gaan na Stemme in die instellingskieslys en laai 'n versoenbare stem af.
Belangrik: Sommige stemme is groot lêers wat dalk 'n hele tydjie kan neem om af te laai. Om hoë dataheffings te verhoed, raai ons aan dat jy 'n stem via 'n WiFi-verbinding aflaai.