Omgewings- en battery-inligting
Jou toestel
Moenie jou navigasietoestel uitmekaarhaal, platdruk, buig, ontvorm, prik of stukkend sny nie. Moenie in 'n vogtige, nat en/of korroderende omgewing gebruik nie. Moenie jou produk op 'n plek met 'n hoë temperatuur, in sterk direkte sonlig, in of naby 'n hittebron, 'n mikrogolfoond of in 'n drukhouer plaas, berg of los nie en moenie dit aan temperature van meer as 60°C (140°F) of laer as -20°C (-4°F) blootstel nie.
Moenie die toestel laat val nie. As die produk laat val is en jy vermoed dat daar skade was, kontak kliëntesteundiens. Gebruik die toestel slegs met die laaiers, hegstukke of USB-kabels wat verskaf word. Vir TomTom-goedgekeurde vervangings, gaan na tomtom.com.
Bedryfstemperatuur
Hierdie toestel sal ten volle operasioneel wees tussen temperature wat wissel van -4°F / -20°C tot 140°F / 60°C. Langdurige blootstelling aan hoër of laer temperature kan skade aan jou toestel veroorsaak en word derhalwe afgeraai.
Berging vir 'n lang tydperk: -4°F / -20°C tot 95°F / 35°C.
Belangrik: Voordat jy die toestel aanskakel, laat minstens 'n uur toe sodat die toestel tot binne die speling tussen standaardbedryfstemperature kan akklimatiseer. Moenie die toestel buite die speling tussen hierdie temperature gebruik nie.
Toestelbattery (nie vervangbaar)
Hierdie produk bevat 'n litiumpolimeerbattery.
Moenie die battery modifiseer of herfabriseer nie. Moenie probeer om vreemde voorwerpe in die battery te steek nie, en moet dit ook nie in water of ander vloeistowwe dompel of daaraan blootstel nie. Moenie die battery aan vuur, ontploffings of ander gevare blootstel nie.
Moenie 'n battery kortsluit nie of toelaat dat metaalgeleidende voorwerpe in kontak met die battery se pole kom nie.
Moenie probeer om die battery self te vervang of te verwyder nie, tensy die gebruikhandleiding uitdruklik aantoon dat die battery deur die gebruiker vervang kan word. Vir TomTom BRIDGE moet 'n gekwalifiseerde kundige die battery verwyder.
Gebruikervervangbare batterye moet slegs gebruik word in stelsels waarvoor hulle gespesifiseer word.
Waarskuwing: Kan ontplof indien battery met verkeerde tipe vervang word.
Indien jy 'n probleem met die battery ervaar, kontak TomTom se kliëntesteundiens.
Die gemelde batterylewe is die maksimum moontlike batterylewe wat gegrond is op 'n gemiddelde gebruikersprofiel en kan slegs onder spesifieke atmosferiese toestande behaal word. Om die batterylewe te verleng, hou die toestel in 'n koel, droë plek en volg die wenke soos gespesifiseer onder hierdie neulvraag: tomtom.com/batterytips. Die battery sal nie laai by temperature onder 32°F / 0°C of bo 140°F / 60°C nie.
Versuim om hierdie riglyne na te kom, kan veroorsaak dat die battery suur lek, warm word, ontplof of ontvlam en beserings en/of skade veroorsaak. Moenie probeer om die battery te prik, oop te maak of uitmekaar te haal nie. As die battery lek en jy in kontak kom met die vloeistof wat uitgelek het, spoel deeglik met water af en verkry dadelik mediese bystand.
Wegdoening met onbruikbare batterye
HIERDIE BATTERY MOET HERWIN OF MEE WEGGEDOEN WORD OOREENKOMSTIG PLAASLIKE WETTE EN REGULASIES EN MOET ALTYD AFSONDERLIK VAN HUISHOUDELIKE AFVAL GEHOU WORD. SODOENDE HELP JY OM DIE OMGEWING TE BEWAAR.