Jy kan die teenwoordigheid van 'n mobiele spoedkamera bevestig of 'n mobiele spoedkamera verwyder as dit nie meer teenwoordig is nie.
Net nadat jy verby 'n mobiele spoedkamera gery het, word jy in die roetebalk gevra of die kamera steeds daar is.
Hierna word wat jy ook al gekies het, na TomTom versend. Gegrond op talle verslae wat deur gebruikers ingedien word, besluit ons of die waarskuwing teen 'n spoedkamera steeds geldig is of opgehef moet word.