Om die manier te verander waarop jy teen spoedkameras gewaarsku word, kies Klanke en waarskuwings in die Instellings-kieslys.
Jy kan dan stel hoe jy vir die verskillende tipes kameras en gevare gewaarsku wil word. Jy kan kies om gewaarsku te word, om slegs gewaarsku te word wanneer jy die spoedgrens oortree, of om nooit gewaarsku te word nie.
Om alle waarskuwings af te skakel, skakel Spoedkameras en gevare af.