Jy gebruik gebare om jou navigasietoestel te beheer.
Die naslaangids verduidelik deurgaans watter gebare gebruik moet word, maar hier is 'n volledige lys van die gebare waarvan jy gebruik kan maak.
Dubbele tik |
Raak met een vinger twee keer, kort na mekaar, aan die skerm. Voorbeeld van wanneer om dit te gebruik: Om in te zoem.
|
Sleep |
Sit een vinger op die skerm en beweeg dit oor die skerm. Voorbeeld van wanneer om dit te gebruik: Om deur 'n skerm te rol. |
Veeg |
Vee die punt van 'n enkele vinger oor die skerm. Voorbeeld van wanneer om dit te gebruik: Om deur 'n groot afstand op die kaart te rol. |
Druk en hou |
Hou een vinger vir langer as 0.5 sekondes op die skerm. Voorbeeld van wanneer om dit te gebruik: Om 'n item te kies, of om 'n opwipkieslys vir 'n item oop te maak. |
Knyp om te zoem |
Raak aan die skerm met jou duim en 'n vinger. Beweeg hulle weg van mekaar om in te zoem of beweeg hulle na mekaar om uit te zoem. Voorbeeld van wanneer om dit te gebruik: Om op die kaart in en uit te zoem. |
Tik of kies |
Tik met een vinger op die skerm. Voorbeeld van wanneer om dit te gebruik: Om 'n item in 'n kieslys te kies, of om 'n item oop te maak. |