Dra lêers oor na jou toestel

Jy kan persoonlike lêers, byvoorbeeld PVB-lyste, foto's of musieklêers, na die TomTom Bridge se interne geheue oordra. Sodoende kan jy apps op die toestel gebruik om PVB's en foto's te bekyk of musiek te speel.

Jy kan ook lêers vanaf die Bridge se interne geheue na jou rekenaar oordra.

Let wel: Nie alle lêertipes kan deur die toestel oopgemaak word nie.

Let wel: Jy kan lêers oordra vanaf 'n rekenaar waarop een van die volgende bedryfstelsels loop:
- Windows 7 of hoër
- Apple OS X 10.5 of hoër
- Sommige Linux-uitreikings van weergawe 14.04 of hoër.

Om lêers oor te dra, doen die volgende:

  1. Koppel die Bridge aan jou rekenaar via die USB-kabel wat saam met jou Bridge voorsien word, en skakel dan jou Bridge aan.

    Let wel: Gebruik slegs die USB-kabel wat saam met jou toestel voorsien word. Ander USB-kabels sal dalk nie werk nie.

    Let wel: Jy kan nie die hegstuk gebruik om jou toestel aan jou rekenaar te koppel nie.

    Let wel: Jy moet die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.

  2. Op jou rekenaar, maak 'n program oop waarmee lêers bestuur word.

    Jou Bridge word in jou rekenaar se lêerstelsel as TomTom Bridge gewys.

  3. Maak die Bridge se vouer wat die interne bergingsgeheue bevat, oop.
  4. Kopieer lêers vanaf jou rekenaar na 'n vouer op jou Bridge, of vanaf jou Bridge na jou rekenaar.

    Wenk: Om die toestel georden te hou, kopieer die lêers na 'n vouer met 'n gepaste naam. Kopieer, byvoorbeeld, jou musieklêers na die musiekvouer.

  5. Ontkoppel die Bridge van jou rekenaar.

    Wenk: Jy kan al die lêers wat jy na die Bridge gekopieer het, verwyder deur jou persoonlike data te wis.