Beplan 'n roete vooruit

Jy kan 'n roete vooruit beplan voordat jy daarlangs ry. Jy kan die roete as deel van jou lys van My roetes stoor.

Om 'n roete vooruit te beplan, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Soek.

    Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.

  3. Gebruik die sleutelbord om die naam van die ligging wat jy as 'n beginpunt wil gebruik, in te tik.
  4. Kies 'n adres of PVB-voorstel.
  5. Kies Wys op kaart.
  6. Kies die opwipkieslys-knoppie.

    'n Opwipkieslys wys 'n lys van opsies.

  7. Kies Gebruik as beginpunt.
  8. Herhaal die soekstappe om jou bestemming te kies, en kies dan die ry-knoppie in die opwipkieslys:

    Jou roete word via jou gekoste beginpunt en bestemming beplan. Die beraamde tyd van aankoms word bo-aan die roetebalk gewys.

    Wenk: As jy nie soek wil gebruik om jou beginpunt en bestemming te kies nie, gaan na die kaartaansig en druk en hou om 'n ligging te kies.

    Wenk: Stilhouplekke, PVBs, Places en die bestemming kan almal via die opwipkieslyste as beginpunte gekies word.

Verander die beginpunt na jou huidige ligging

  1. Kies die beginpunt van die roete in die kaartaansig.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie.

    'n Opwipkieslys wys 'n lys van opsies.

  3. Kies Verwyder beginpunt.

    Jou roete word herbeplan met jou huidige ligging as die beginpunt.

Verander die beginpunt na 'n stilhouplek

  1. Kies die beginpunt op die roete in die kaartaansig.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie.

    'n Opwipkieslys wys 'n lys van opsies.

  3. Kies Verander na 'n stilhouplek.

    Jou roete word herbeplan met die beginpunt wat na 'n stilhouplek verander is.